Gedagte vir die dag: Vertrou op die Here

Vroue_gelukkig_berg_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg. (Psalm 37:5)

Die Here sal namens jou optree as jy jou vertroue in Hom plaas. Laat Hom vandag toe om beheer te neem van jou lewe, en Hy sal dit beslis vir jou doen. Hy sal alles doen wat gedoen moet word. Onthou, Jesus gee om vir my en jou. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou bekommernisse aan Hom oorgee, want Hy gee vir jou om (1 Petrus 5:7).

Gedurende een van ons groot geleenthede, het ons ’n tent op die plaas opgeslaan. Daar  was plek vir 30 000 mans binne en 30 000 buite. Op daardie stadium het ons al die geld wat ons tot ons beskikking gehad het, uitgegee. Ons het nie ’n enkele sent oorgehad nie. Tog het die organiseerders my laat weet dat ons meer luidsprekers nodig gehad het. Ek het gesê ons het nie meer geld nie. Hulle het egter laat weet: “As die mense nie die boodskap kan hoor nie, watter nut het dit dan dat ons die geleentheid hou?”

Ek is teësinnig na die Here toe om vir Hom vir nog meer geld te vra. Ek het terselfdertyd vir die organiseerders gesê om ekstra  luidsprekers te kry. ’n Hele paar trokke het op die plaas opgedaag met nog luidsprekers. Intussen het die Here met ’n skaapboer gepraat en vir Hom gesê om ’n paar van sy lammers te verkoop. Hy het hulle verkoop en die geld direk vir ons gestuur. Dit was die presiese bedrag wat ons nodig gehad het.

God gee vir jou om! Jy moet vandag al jou bekommernisse vir Hom gee.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.