Gedagte vir die dag: Vertrou op die Here

woestyn.jpg

Foto: pixabay.com

Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ’n veilige toevlug. (Jes 26:3-4) 

Jy kan net vertrou op iemand in wie jy glo. Hoe kan jy in iemand glo? Op grond van hulle vorige prestasies.

Dink jy jy kan die God van Israel vertrou om vir jou te sorg? As jy nie seker is nie, wil ek hê jy moet Psalm 105:38-43 lees. “Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange vir die Israeliete. Die Here het ’n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en ’n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het ’n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos ’n rivier deur die dorre gebied gevloei het. Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.”

Hulle sê God het twee en ’n half miljoen Jode uit Egipte gelei. Sou jy nie sê dit is ’n uitstekende prestasie nie? As God veertig jaar lank vir hulle kos, water en klere kon voorsien, kan Hy mos beslis vir jou ook sorg.

Ek plaas my vertroue vir ewig in U, Here my God en ek vra U om vrede, vertroue en vreugde in my lewe te vestig.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Db ·

Dankie Here dat U elke dag en nag na my omsien en my beskerm. Slegs U is waardig om aanbid te word

Agie ·

Amen
Dankie vir U bevestiging, Vader
In die Naam van Jesus Christus
Amen

Maria ·

My lewens lesse geleer moenie op mense veral jou eie familie en vriende vertrou nie. My wonderlik ekvaring om net op Here te vertrou.My getuig: Here:voorsien,help,beskerm,sorg,moedig,Agape, laat jou nooit in steek nie,beskerm ens…..
deur my moeilik jare dankie dat ek geleer gehet om net aan U kan toe vertrou en dit gaan goed met my en kinders AMEN

MARSH ·

Amen ….. dankie Here dat ek op U kan vertrou met my lewe …. U is altyd daar. Mag meer mense besef dat ons met al ons seer, probleme en bekommernisse altyd by Sy voete kan gaan sit en vertrou dat Hy alleen kan genees, herstel en vertroos.

Kornel ·

Dankie Here dat U ons nie alleen los nie. My Gebede vir ons as gesins is dat U ons sal ly, behoed en sal bewaar. Maak ASSEBLIEF ons pae vir ons gelyk, voorsien ASSEBLIEF in ons behoeftes. U is die Lewendige God wat ook die dood oorwin het.
Dankie vir alles Ons Vader. Laat U wil geskiet op aarde en ook in die Hemel.
Amen

Sophia ·

As ek terugkyk op my lewe en hoe God ALTYD voorsien het in my donker oomblikke, kan ek maar net sê AMEN, DANKIE HERE DAT U MY OOK IN DIE TOEKOMS SAL DRA!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.