Ek sal vas op Hom vertrou. (Hebreërs 2:13)
God soek mense wat Hom sal dien bloot omdat hulle Hom liefhet, selfs al kry hulle nooit enige beloning nie. Jy onthou seker nog Job se woorde: “Al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom” (Job 13:15, Bybel in Afrikaans 1933/1953). Hoe dikwels word dié frase nie verkeerd aangehaal nie, asof Job bedoel het om te sê: “As Hy my ombring, sal dit oukei wees; daar is iets aan die ander kant en ek sal nie alles verloor nie.” Dit is nie die regte interpretasie nie. Die woord “ombring” verwys na die diepste feit van sy bestaan, en hy wou eintlik sê: “Al wil Hy my ombring” – nie “Al laat Hy toe dat my vyande my ombring” nie – maar: “Al het ek geen toekoms nie, en sien Hom en sy troon nooit nie, al skuif Hy my opsy, sal ek Hom steeds vertrou.” Dit is ongelooflike vertroue, en strek baie verder as die vertroue wat op ’n beloning hoop. ~ G. Campbell Morgan
Help my om altyd op U te vertrou, Here God. Amen
Goeie more
Ek wil net vanmore vir julle se baie baie dankie vir al die bemoedigende en inspirerende boodskappe wat julle elke dag vir my stuur. Uit my hart se ek vir julle baie dankie. Mag julle seen muldelik oor julle wees in elke faset van julle lewe.
Geseende dag nie net vir vandag nie maar vir elke dag hierna.
Vriendelike en geseende groete
Sharon
Mooi stuk dankie