Vertrou op die Here en doen wat goed is. Woon in die land en geniet veiligheid. (Psalm 37:3)
Vertrou. Doen wat goed is. Woon. Geniet. Wat ’n verfrissende gedagte! Watter laste lig hierdie woorde nie van ’n swaarbelaaide hart nie!
Jy kan nie ander se gedrag beheer nie. As ander bitterheid kies, as hulle boosheid kies, as hulle kies om eerder kwaad as goed te doen, is daar dikwels weinig wat jy daaromtrent kan doen. Maar God het jou nooit belas met die opdrag om iemand anders se hart van sonde te oortuig nie.
Vertrou eerder die Here. Doen goed waar jy kan. Woon waar God jou vandag plaas, en geniet die toevlugsoord van jou Verlosser. God sal vir die res sorg. God sal die bitter hart van sonde oortuig en dit genees. En hoewel dit belangrik is om liefde te betoon, om die persoon in gebed aan God op te dra, is sy of haar optrede nie jou las om te dra nie.
God dankie vir alles dankie dat U in beheer is wees ons genadig help my om nie op die mense te fokus nie maar op U alleen Amen
Wow ! Wonderlik hoe vrae waarmee ‘n mens worstel, beantwoord word.
Ek het soveel vrae. En elke dag se Stiltetyd stukkie voel dit vi my asof God spesiaal met my praat. Hoe Getrou en Liefdevol Is Jesus. Stel ons nooit teleur