Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ’n toevlug, ’n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. (Psalm 9:10-11)
Dis ongelooflik, maar waar, dat God net van ons vra om ons probleme vir Hom te gee sodat Hy hulle verder kan dra.
Vertrou en gehoorsaam vandag; gehoorsaam en vertrou môre.
Verstaan ons wanneer ons hierdie lees? Verstáán ons?
Ja en nee. Ek wil, maar soms kan nie. Ek vra al vir meer as ‘n jaar vir ‘n permanente oplossing, maar kry net nou en dan ‘n oplossing vir my probleem. Eks emosioneel uitgeput vd stres. Ek moet vir my twee seuns sorg en kan nie eers skoolgeld betaal nie. Ek weet nie altyd eers of daar kos gaan wees op die tafel in die middel van die maand nie. Ek gee soms moet op. Ek weet ek mag en moenie, maar dis vrek moeilik. Ek wil vir my kinders soveel meer gee en bederf so nou en dan, maar dis net nie moontlik nie. So ek verstaan, maar ook nie….
Susan, so graag sou ek jou wil help.
Het jy ‘n graad?
Susan, ek het jou ook geantwoord, 2x, die is die 3de keer, maroela plaas nie my goed nie. Ek bid vir jou