Gedagte vir die dag: Vervolging van gelowiges

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. (Romeine 8:38-39)

“Saulus het die kerk oral probeer vernietig. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vroue laat uitsleep en in die tronk laat sit” (Handelinge 8:3).

Sedert die ontstaan van die kerk word gelowiges oor die wêreld heen vervolg. Die Here se vyande het al hoeveel van ons broers en susters in Christus in die tronk gegooi. Baie van hulle het hulle werk, huis, gesondheid en vryheid verloor as gevolg van hulle geloof in Jesus. Sommige is van hulle geliefdes geskei en moes werklik “deel in die lyding van Christus” (1 Petrus 4:13).

Jesus vergeet egter nooit sy volgelinge in die tronk nie. Hy belowe dat niks in die hele skepping gelowiges – en dit sluit my en jou in – van God se liefde kan skei nie (Romeine 8:39). Hy weet hulle pyn is ’n eggo van sy lyding aan die kruis. Ons wat so bevoorreg is om ons geloof sonder vrees te kan beoefen, kan gerus dink aan hulle wat vervolg word en help om hulle te versorg. Ons kan ook vir Jesus spesiaal dankie sê, en onthou dat alles wat ons doen vir ons broers en susters wat vervolg word, ons eintlik vir Hom doen (Matteus 25:40).

Hoe kan ek wys dat ek dink aan mense wat in die tronk is? Deur te bid en steun te bied aan bedienings wat na hulle uitreik. Ons kan ander mense bewus maak van Christene wat vervolg word vir hulle geloof. Ons kan die Here vra om ons te help om in sy Naam lief te hê.

Here, leer ons om U lief te hê deur u kinders lief te hê. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Amen, Here help my om minder selfgesentreerd te wees, maak my oe oop om te kan sien waar ek kan en moet uitreik…

Yvonne ·

Dankie Here U het U kinders beseel…U genade omvou ons elke dag…Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.