Video: ’n Christelike perspektief op Covid-19

Jan Matthysen (35) ʼn senior leraar van die Kruisgenerasie-gemeente in Middelburg, en sy vrou Mariska. (Foto: Facebook.)

Jan Matthysen (35) ʼn senior leraar van die Kruisgenerasie-gemeente, ʼn Volle Evangelie Kerk (VEK) in Middelburg, het verlede week ʼn video gemaak met ʼn paar gedagtes uit ʼn Christelike perspektief oor die Covid-19-virus. Dié video het intussen soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.

“Ek het gesien die media slaan hard met hulle beriggewing oor die virus, en het toe opgemerk ʼn paar van my Facebook-vriende raak heeltemal paniekerig oor die situasie met die virus.

“Dit was vir my belangrik om almal in dié tyd te herinner wie Jesus is: Hy is die Prins van vrede en ons mag nie toelaat dat enigiets ons vrede steel nie.”

Hy sê hy is verbaas om te hoor hoe ver en wyd dié video met ʼn boodskap van hoop al versprei het, maar hy is dankbaar dat dit soveel mense wel kon bereik.

Matthysen se gemeente het op 6 Maart bymekaar gekom om saam te bid teen die virus.

Hy het die volgende gebed in die video gedeel:

“Vader, mag U elkeen se hart beskerm. Mag U hoop gee en mag U gee dat vrees nie deel word van elke persoon se lewe nie, en mag ons op ʼn plek wees waar ons as gelowiges ons hoop in U plaas. En te weet dat U die Een is wat vir ons veg, dat U die Een is wat vir ons staan en U is die Een wat ons beskerm.

“Ons verklaar dat die Naam van Jesus baie groter is as die naam van koronavirus. Ons bid dit in die naam van Jesus. Amen.”

Kyk hier na die volledige video:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

My God is groter as enige virus. Hy sal ons beskerm en Sy engele opdrag gee om oor ons te waak en hierdie vyand te beveg. Sterkte mense en vertrou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.