Gedagte vir die dag:  Vier fees!

mense_gelykenis2-vertel_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Maar sy pa roep sy werksmense: “Maak gou! Bring klere, die beste, trek dit vir hom aan; sit vir hom ’n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.” (Luk 15:22-24)       

“Genade, onbeskryflik groot”: “Genade, onbeskryflik groot het U aan my bewys: verlore seun – ’n wegloopkind – weer in die vaderhuis.”

Hierdie pa het sekerlik uitgeroep: “Hy’s terug! Hy’s terug! Hy’s terug!” Hy het nie eens op sy seun se verskoning geantwoord nie, maar vir sy werksmense gesê: “Maak gou! Bring klere … ’n ring vir sy vinger … skoene vir sy voete … die vetgemaakte kalf … Kom ons vier fees! Hierdie seun van my was dood en hy leef weer; hy was verlore en ek het hom teruggekry!”

Dit is wat God sal sê wanneer jy vandag na Hom toe te rug gaan. Hy sal nie eens onthou wat jy gedoen het nie. Hy sal jou vergewe en Hy sal saam met die engele in die hemel feesvier omdat jy terug is by Hom.

“Maar wat as ek iets verskrikliks aan my familie of ’n vriend gedoen het? Of as hulle my seergemaak het?” vra jy. Tel die telefoon op. Bel die een wat jy seergemaak het. Maak vrede. Bel die een wat jou seergemaak het. Sê vir haar dat jy haar vergewe. Sê vir hulle jy wag vir hulle om huis toe te kom.”

Here Jesus, dankie dat ek altyd na U toe kan terugkom wanneer ek van u pad weggedwaal het. Help my om u voorbeeld te volg en dié wat my seergemaak het te vergewe.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Dankie Here. Amen!

Elize

Dankie vir al.mal se gebede en die al die eer aan die Here ek is in Durban by my kind en ouers en familie more begin ek by nuwe tak te werk bietjie bang maar die Here Sal saam met my stap ek Sal Geen onheil vrees nie al gaan ek deur n dal van n doodskaduwee ek Sal geen onheil vrees nie nogmals dankie vir ALmal se gebede opreg wardeer ons moet nooit ophou bid vir mekaar nie Our God is a mighty God

Kornel

Here vergewe almal wat teen my iets gedoen het, Seen hulle en laat die son oor hulle skyn.
Ek Bid en vra dat U my sal vergewe en my en my gesin se pae sal gelyk maak. Seen ons as gesin en behoed en bewaar ons.

So Bid ek dit oor ons land en sy mense ook uit.
Amen.