Gedagte vir die dag: Vind hulle

Foto: pixabay.com

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)

Die meeste van die mense in my lewe is medegelowiges. Ek word ongemaklik uitgedaag deur hierdie waarheid. Ek het nie so baie spreekwoordelike tollenaars en sondaars wat na ons huis toe kom vir ete nie.

En tog, as ek nie diep besorg is oor dié mense wat steeds verlore is nie, is dit ’n probleem. Al kan ek bid en op God vertrou om mense oor my pad te bring – mense wat dit nodig het om kennis te maak met die liefde van Christus soos dit in my lewe na vore kom – moet ek soms eenvoudig die onbekende betree om hulle te vind.

Soek jy na dié wat verlore is? Dit kan erg ongemaklik raak. Jy sal beslis nie altyd weet wat om te sê nie. Maar as jy God vertrou vir wysheid op daardie oomblik, sal jy dit ontvang. En as jy bang is dat jou tydsberekening nie reg is nie, kan jy weet dit is áltyd ’n goeie tyd om liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing uit te leef (Gal. 5:22-23). Die liefde vergaan nooit nie (1 Kor. 13:8), wat beteken jy kan nooit verkeerd wees met liefde nie. Begin dan daar.

Jesus, u opdrag was om te soek en te red wat verlore is. Help my om by U aan te sluit. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Here dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

Takkie ·

So lekker gebruik satan humaniteit om die volk te ontspoor. Jesus het nie vir die mensdom gekom nie. Hy het n verbond wat verbreek was kom herstel. Een volk, die hele Bybel deur, en voor jy nou net liefde wil preek, onthou God verander nooit.

Owners manual ·

@takkie . Never mind ontspoor , tot niet maak ! Dan praat hulle van die ” uitbreiding van God se koningkryk” die Bybel se ” die groot afval”. Hou maar by leeu en lam beeldspraak en gelykenisse , die 12 het verstaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.