God laat eensames in ’n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ’n kaal woestyn. (Psalm 68:7)
Hoe wonderlik: God laat eensames in ’n huisgesin woon! Jou familie is dié wat jou werklik onvoorwaardelik aanvaar, liefhet en help. Ja, selfs al tree jy – of hulle – nie aldag reg op nie, is dit hoe broers en susters teenoor mekaar optree. So behoort ons ook aan ’n geestelike huishouding: Ons het ook ’n geestelike tuiste en geestelike familie, broers en susters. Saam met hulle kan ons die geestelike lewe – en die gewone lewe – deel. Saam met hulle kan ons bid, aanbid, bedien, groei of sommer net kuier.
Ons het elkeen so ’n plek nodig. Daar is vir jou so ’n plek. Gaan en vind dit! Wat – hoor ek dat jy in die kerk was, maar toe seergekry het? Ja, ek glo dit wel. Dis nou maar soos dit met familie gaan: Hulle is glad nie volmaak nie, maar hulle bly familie! En die lewe is steeds beter saam met broers en susters as eensaam en alleen – ja, beslis! Christenskap is eintlik ’n saam-ding, nie ’n alleen-ding nie.
Vader, dankie vir my broers en susters. Ek het ook ’n behoefte aan geestelike vriende … Amen.
Amen!