Gedagte vir die dag: Vinnige besluite vir God

 antieke_horlosie_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God sê: “Op die regte tyd het Ek jou verhoor, en op die dag van verlossing het Ek jou gehelp.” Inderdaad – dit is nóú die regte tyd; dit is nóú die dag van verlossing. (2 Korintiërs 6:2)

Sommige mense beskik oor die vermoë om met die minimum feite tot hulle beskikking goeie besluite te neem. In teenstelling met die idee dat massas inligting tot goeie besluite lei, is voorstanders van hierdie roete oortuig dat intuïtiewe besluitnemers beter besluite neem as informasie-gedrewe besluitnemers.

In die kerk het ek egter geleer om te wag op dik verslae van kom missies van ondersoek. Soms het dit jare gevat vir “meerdere” kerklike vergaderings om beleidsake uit te sorteer.

Intussen het intuïtiewe gelowiges op voetsoolvlak die Here se roetes aangevoel en dit spontaan uitgeleef. Sonder om deur dag te kerklike prosesse af te skiet, het ek algaande geleer dat my beste leermeesters doodgewone gelowiges is wat die Here se wysheid vinnig en effektief uitleef. Hulle intuïsie is fyn deur die Gees ingestel.

Gaan leer gerus by diegene wat sommer so in die loop by God leer en dit daagliks in die regte leefstyl oorvertaal. Kom ons wees vinniger vir Christus wat ons besluite betref.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Help ons om die bal aan die rol te kry vir U Heer, om ons fokus af te kry van wat tans in ons land en die res van die wereld gebeur en ‘n positiewe bydrae te maak om te laat realiseer wat U wil he moet gebeur. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.