
Foto: pixabay.com
’n Gesonde boom kan nie slegte vrugte dra nie en ’n siek boom nie goeie vrugte nie. (Matteus 7:18)
Vals profete is gevaarliker as fopnuus, want hulle wil jou laat glo dat wat hulle sê, God se woorde is. Daar is tans honderde kerke elk met ’n eie “profeet”. Hoe kan ons vandag onderskei of ’n huidige profeet waar of vals is? Die eerste toets is natuurlik dat sy woorde werklik God se wil moet wees en nie populêre idees nie. Dít toets mens deur te kyk of dit ooreenstem met God se Woord, die volle Woord en niks bygevoeg nie.
Jesus voeg ’n tweede toets vir egtheid hier by. Die profeet se dade moet sy woorde bevestig. As hy of sy liefde, eerlikheid, ordentlikheid en eenvoud verkondig, maar hulle soek eintlik erkenning, prestige en geld, of leef onsedelik of oneerlik, is hulle vals. Geen profeet is natuurlik absoluut foutloos nie. As ’n “goeie” profeet soms wel struikel, dan hanteer so iemand dit juis anders, deur dit te erken en reg te maak. Maar as daar ’n patroon van manipulasie, misbruik of valsheid is, moet mens wegstap van so iemand, selfs al klink hulle “profetiese” woorde pragtig. Soek vir jou ’n profeet met egte Bybelse boodskappe en ’n opregte, liefdevolle lewe.
Die waarskuwing in Matteus 7:15-20 is vandag selfs nog dringender as voorheen.
Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit van Vrydagaand om 19:30 tot Maandagoggend om 06:00. Kom kuier gerus later weer!
Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.
5 Kommentare
Dit is wat in die meeste kerke vandag gebeur.Hoe kan n predikant vandag vir my preek en môre twee mense van dieselfde geslag trou.Baie predikante preek om gewild te wees en nie wat die woord regtig sê nie.Ons is vinnig om dienste te hou om te bid vir alles,maar as dit klaar is,is daar nog nooit waarvan ek weet n Dankie sê diens gehou nie.
Amen! Deesdae moet ons besin oor wie ware nuus oordra want die Duiwel is slinks en mense glo en verkondig wat hul pas.
Ek het ‘n baie sterk persoonlike verhouding met die Here. Ek aanbid Hom elke dag en probeer my bes om te leef soos wat Hy wil hê ek moet leef. Ongelukkig het ek weens die baie vals profete daar buite “bang”geword vir die kerk. Wanneer ek ‘n springbok rugby trui dra, maak dit nie van my ‘n sprinbok rugbyspeler nie. Wanneer ek kerk toe gaan, maak dit nie van my ‘n Christen nie. Dis my persoonlike verhouding met die Here waar die ware toets bepaal word.