Gedagte vir die dag: ’n Visie wat van God kom

straat-padtekens-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer ’n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. (Spreuke 29:18)

Moenie toelaat dat omstandighede of situasies jou visie verander nie. Hou vas aan jou perspektief. Moenie toelaat dat die politiek, die ekonomie of enigiets anders jou visie versteur nie. Wat mense sê, maak nie saak nie; net wat God sê maak saak. As jy op die draad sit, is dit ’n baie ongemaklike plek om te wees, want jy weet nie of jy moet bly of dalk gaan nie. Jy moet perspektief behou.

Jakobus 1:6 sê: “As ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” Ons moenie so wees nie. Onthou, Jesus besit die hemelse bank – vra Hom daarom net. Ek onthou soos gister hoe die Here my in 1989 opdrag gegee het om die evangelie oral te gaan verkondig. Ek het nie juis aanmoediging gekry van die plaaslike leraars nie. As ek hulle raad gevolg het, sou ek nooit begin het nie, en sou Shalom Ministries nooit gebeur het nie.

Behou jou perspektief. Die vreugde van die hemel vloei deur jou wanneer jy vashou aan jou visie. Vra die Here om jou visie te bevestig. Hy sal dit soveel kere doen as wat jy vra. Gaan dan en doen dit. Die Here sal jou nooit teleurstel nie. Maak net seker die visie kom van God af, en Hy sal jou dra. Leef jou droom – dit is wat ek nou doen.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.