Gedagte vir die dag: Voel veilig in die nuwe jaar

hande-in-gebed

Foto: Charlottefirst.org

Lees: Spreuke 29:18-26

Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die HERE vertrou. (Spreuke 29:25, NLV)

In ’n vrouetydskrif van Desember 2010 word die storie vertel van ’n pa wie se seun gekaap is. Met die lees van hierdie storie – wat darem gelukkig ’n goeie einde het – het ek net weer besef hoe uitgelewer inwoners in die noordelike dele van ons land aan geweld en misdaad is. Selfs in die voorheen veilige Kaap voel ouer mense nie meer gerus om saans uit te gaan nie en bly baie vroue se juwele in hulle kluise toegesluit. Die meeste van ons is boonop deel van ons land se misdaadstatistiek.

Vandag se kernteks het dus baie direk met my persoonlik gepraat: Ek stel vir mysélf ’n slagyster as ek vir mense bang is en elke vreemdeling met agterdog bejeën, maar ek beveilig my lewe as ek op God vertrou. Dit is wel waar dat ons nie onverskillig durf leef nie, maar God se kinders het tog sy beloftes in sy Woord dat Hy ons van gevare sal bewaar. Besluit gerus sáám met my om in die vervolg minder bang te wees en eerder op God te vertrou om jou veilig te hou. Verruil jou vrees dat jy ’n misdaadslagoffer sal wees vir vertroue dat God jou sal bewaar. Met Hom by jou sal jy in die nuwe jaar veilig wees!

Here, vergewe my asseblief dat ek so oor my skouer kyk as ek in die straat loop, dat ek so bang is dat iemand my sak sal gryp of my motor sal kaap. Help my om eerder rustig te raak en op U te vertrou om my veilig te hou. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
JOHNY

Dit is jammer dat so min mense hulle gevoelens nie wil deel en vir ander mense wil se wat GOD al in hulle lewe vir hulle al gedoen het nie Ek is baie lief vir my HERE en HY het al baie vir my gedoen .Elke dag beskerm die HERE my teen mense wat my oor die jare al leed wou aandoen daar is al verskeie kere op my geskiet en op my seun en hy is al met n mes gesteek maar ek het nie gaan le nie en so ook nie my familie lede nie want ons vertrou… Lees meer »