Gedagte vir die dag: Voel veilig in die nuwe jaar

hande-in-gebed

Foto: Charlottefirst.org

Lees: Spreuke 29:18-26

Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die HERE vertrou. (Spreuke 29:25, NLV)

In ’n vrouetydskrif van Desember 2010 word die storie vertel van ’n pa wie se seun gekaap is. Met die lees van hierdie storie – wat darem gelukkig ’n goeie einde het – het ek net weer besef hoe uitgelewer inwoners in die noordelike dele van ons land aan geweld en misdaad is. Selfs in die voorheen veilige Kaap voel ouer mense nie meer gerus om saans uit te gaan nie en bly baie vroue se juwele in hulle kluise toegesluit. Die meeste van ons is boonop deel van ons land se misdaadstatistiek.

Vandag se kernteks het dus baie direk met my persoonlik gepraat: Ek stel vir mysélf ’n slagyster as ek vir mense bang is en elke vreemdeling met agterdog bejeën, maar ek beveilig my lewe as ek op God vertrou. Dit is wel waar dat ons nie onverskillig durf leef nie, maar God se kinders het tog sy beloftes in sy Woord dat Hy ons van gevare sal bewaar. Besluit gerus sáám met my om in die vervolg minder bang te wees en eerder op God te vertrou om jou veilig te hou. Verruil jou vrees dat jy ’n misdaadslagoffer sal wees vir vertroue dat God jou sal bewaar. Met Hom by jou sal jy in die nuwe jaar veilig wees!

Here, vergewe my asseblief dat ek so oor my skouer kyk as ek in die straat loop, dat ek so bang is dat iemand my sak sal gryp of my motor sal kaap. Help my om eerder rustig te raak en op U te vertrou om my veilig te hou. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JOHNY ·

Dit is jammer dat so min mense hulle gevoelens nie wil deel en vir ander mense wil se wat GOD al in hulle lewe vir hulle al gedoen het nie Ek is baie lief vir my HERE en HY het al baie vir my gedoen .Elke dag beskerm die HERE my teen mense wat my oor die jare al leed wou aandoen daar is al verskeie kere op my geskiet en op my seun en hy is al met n mes gesteek maar ek het nie gaan le nie en so ook nie my familie lede nie want ons vertrou op die HERE die HERE hou elke dag van ons lewe sy hand van liefde oor ons en so ook oor al die mense van Suid Afrika . Daar is baie mense in Suid Afrika wat vir die HERE lief is .As ek net so kyk in die bosse is swart mense besig om die HERE te loof en hulle het nie eers n kerk gebou nie..wys net dat geboue nie belangrik is nie.Ek dink ons grootste fout in die land is.is dat swart en wit mekaar moet vind om van ons land n beter plek vir almal te maak en dat ons boere ook hulle kant moet bring om vir die swartes lief te wees en dan gaan die swartes ook vir die boere lief wees en dan sal hulle ook meer uit hulle pad gaan om die boere te help teen die bose mense .Die duiwel is magtig .Maar die HERE het gese wees lief vir almal om jou dan is ek ook lief vir jou.Net n voorbeeld as ek n boer was sou ek die helfte van my plaas afgestaan het aan die plaaswerker wat al die jare saam met my geswoeg het op die plaas.Ek sal hom nie geld vra nie en hom nog help met die boerdery ook .Dan dink ek sal daar minder probleme in ons land wees.Ons het hulle te lank onderdruk en in die oe van die HERE was dit nie reg nie.Israel is ook GOD se volk en hulle was ook onderdruk en nou onderdruk Israel die palistyne en so maak die mensdom aanmekaar die selfde foute oor en oor.Ons moet nie mekaar haat nie ons moet lief wees vir mekaar en sodoende vir die wereld wys dat die reenboog nasie werk en GOD kyk na ons wat ons doen en dan moet ons nie kla as GOD nie na ons wil luister nie.Kyk net hoeveel mense ondersteun die verkeerde dinge inplaas daarvan om eerder meer dinge vir GOD te doen en vir GOD onbaatsigtelik lief te wees en vir jou medemens al is hy al die klere van die reenboog .Weer eens kinders van JESUS ons word dopgehou en ons moet ons naaste lief he soos GOD ons lief het.En dan sal ons regering draai en ons ook lief kry maar ons moet eers wys dat ons ook omgee .Ons is vergewe deur die mense wat ons verkleineer het.So ons moet ook ons kant bring die HERE staan elke dag langs ons die reenboog nasie van die wereld vir wie die HERE so lief is.Kyk net op die oomblik hoe sleg gaan dit in ander dele van die wereld ons het baie om voor dankbaar te wees.Ons het geliefdes verloor .GOD het sy seun aan die dood afgestaan en dan is hy nog gemartel ook en verneder en na dit is GOD nog lief vir ons en belowe vir ons n nuwe wereld en nuwe lewe saam met ons geliefdes wat al reeds gesterwe het en nou by GOD is en nou nog hulle trane afdroog ..Die kinders van die HERE wat hulle lewe op aarde verloor is die HERE se wil en ons moet dit so aanvaar al is dit hoe moeilik.Ek sal enige dag my lewe aan die HERE afstaan.Want die duiwel is baie besig op die aarde om GOD se kinders te probeer opmaak teen ons geliefde VADER DIE GROOT KONING VAN DIE WERELD die enigste opregte KONING en sy NAAM is JEHOVA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.