Gedagte vir die dag: Voetewassers

voete_beker_Stiltetyd.jpg

Foto: jamiegrubb.wordpress.com

As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. (Johannes 13:14)

Deur sy hele aardse bediening heen het Jesus Christus deur woord en daad mense geleer hoe God wil hê hulle moet leef. Elke voorbeeld was gebaseer op liefde in die ware sin van die woord – liefde wat bereid is om op te offer ter wille van die naaste. Op die vooraand van sy kruisiging neem Jesus die gestalte van ’n dienskneg aan en was die voete van al sy dissipels, ook dié van Judas wat Hom sou verraai. Hierdie daad spreek van seënende genade, wat die hoofkenmerk is van die Christelike geloof en wat elke volgeling van Jesus moet streef om na te volg.

Here Jesus, help my om ’n voetewasser te wees en so u koninkryk hier op aarde te help uitbrei. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.