Gedagte vir die dag: “Vol bespreek”

Kerk_ou-gebou_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. (Lukas 2:70)

Wanneer jy laataand op reis is en nêrens bespreek het om oor te slaap nie, is daar niks wat jou so moedeloos maak as wanneer jy “Vol bespreek”-kennisgewings oral sien nie.

Jesus het geweet hoe dit voel om geen plek in die herberg te hê nie. Menslike logika sê vir jou dat die Koning van konings in ’n paleis gebore moes word, omring deur luuksheid. In plaas daarvan was die enigste deur wat vir die nederige Verlosser oop was, ’n stal vir diere. Wonder bo wonder was dit alles deel van God se plan.

Waarom is dit vir ons goeie nuus? Omdat die Verlosser Hom namens ons geoffer het, sal ons geen “Vol bespreek”-kennisgewings in die hemel aantref nie. As ons ons bespreking gemaak het deur God se geskenk in Christus te aanvaar, is daar meer as genoeg plek vir ons almal in die hemel.

Deur uit die hemel neer te daal na die aarde, het Hy die weg gebaan vir ons om op te vaar na die hemel. – Johannes Calvyn

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U die weggebaan het…..sonder U is dit onmoontlik om gered te word…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.