Gedagte vir die dag: ’n Vol en doelgerigte lewe

kaapse-wapad.jpgEk sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (Klaagliedere 3:24)

God wil hê ons moet ’n lewe van oorvloed leef. Net omdat jy ’n Christen is, beteken dit nie jy hoef vaal en oninteressant te wees nie. Moenie wag tot jy in die hemel is voor jy glimlag nie. Vind vreugde in die lewe wat God hier op aarde aan jou gee. Gebruik die tyd oordeelkundig; bou aan sy koninkryk. Een van die vrugte van die Gees is vreugde. As jy nie vreugde het nie, bid en vra God om jou daarmee te seën.

Besluit vandag dat jy jou tyd hier op aarde aan God wil wy. Begin dan aktief soek na maniere waarop jy ’n vol en doelgerigte lewe kan leef. Sommige van ons leef nie, ons bestaan net. Ek ken nie jou verlede nie, en jy weet nie waar ek vandaan kom nie, maar ons albei het ’n goeie toekoms wat vir ons voorlê. Vir God is alle dinge moontlik. Moenie jou pyn, teleurstelling en beperkings as verskoning gebruik nie. Vra God eerder vir genesing, vir genoeg genade en voorsiening om jou deur te dra. Maak ’n keuse om dit agter te laat en deur te druk.

Vader, vernuwe my hoop vandag. Ek gee al die pyn waardeur ek gaan aan U oor. Here, ek hou aan U vas om my deur vandag te dra. Ek vertrou dat u genade vir my genoeg sal wees. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronel Pretorius ·

Angus jou wysheid en insig is so inspirerend. Dankie vir hierdie leersame boodskap oor lewensvreugde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.