Gedagte vir die dag: Vol nette

Natures-Valley-Boekevat-Foto-Melanie-Schlenter.jpeg

Foto: Melanie Schlenter

Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang. (Lukas 5:4)

Uit die Lukas-verhaal leer ons in die eerste plek dat menslike pogings noodsaaklik is. Die visvangs was ’n wonderwerk, maar steeds was ’n visserman, sy boot en sy net nodig. Dieselfde beginsel geld wanneer ons siele red. God gebruik menslike middele. Dit is vir seker sy genade wat mense red, maar Hy doen dit deur prediking.

Die instrumente is op hul eie ondoeltreffend. Christus se teenwoordigheid bring sukses. Wanneer Jesus in sy kerk verhef word, is sy teenwoordigheid die kerk se mag. Laat ons dus vandag gaan siele vang en in geloof boontoe en met meelewing na buite kyk. Kom ons werk hard en vertrou dat die Een wat saam met ons gaan ons nette sal vul.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.