Gedagte vir die dag: Volg die Herder

reenboog-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Josua en al die Israeliete het vroeg die oggend van Sittim af vertrek. Hulle het by die Jordaan aangekom en daar oorgebly voor hulle deur die rivier sou trek. Aan die einde van drie dae het die leiers deur die kamp beweeg. Hulle het die volk ingelig: “Wanneer julle sien die Levitiese priesters tel die ark van die verbond van die Here julle God op, moet julle van julle staanplekke af opstaan en hulle begin volg.” (Josua 3:1-3)

Jy moet onthou dat die Israeliete op pad was na die Beloofde Land. Hulle was nog nooit daar nie. Ek en jy betree ook nuwe gebied. Dit is hoekom ons die Here Jesus Christus moet volg soos nog nooit tevore nie. Dinge verander geweldig vinnig. Ons moet vandag die Here volg. Staan vroeg op en soek sy aangesig – Hy sal ons huis toe lei.

Baie jare gelede, toe ek by die landboukollege was in die noordooste van Skotland, het een van my medestudente toestemming gekry om terug te gaan na sy plaas toe. Hy het met skape geboer aan die weskus van Skotland, ’n baie bergagtige gebied. Die skape was hoog in die berge, en dit was amper lamtyd. Hy moes teruggaan na sy plaas toe omdat hy die enigste een was wat geweet het hoe om die skape uit die berge uit te lei na die valleie sodat hulle kon lam waar dit gemaklik en rustig was.

Ons moet die Goeie Herder volg. Hy ken die pad. Ons moet wag, luister en gehoorsaam doen wat Hy ons vra. Mag die Here jou seën terwyl jy Hom volg en presies doen wat Hy sê jy moet doen.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

“ waar Hy lei daar sal ek heengaan”……dankie Here ons troue Herder

FM ·

Dankie Vader. U seën gewone mense om U opdragte uit te voer.
In hierdie moeilike, deurmekaar tyd is U in beheer.
Leer ons om na U wil te vra en duidelik te verstaan.
Maak ons bereid om beskikbaar te wees.
U Naam sal oor die hele aarde geloof word.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.