Gedagte vir die dag: Die volgende regte ding

woud_pad_stilte_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my u paaie. (Psalm 25:4)

Wanneer jy nie weet watter kant toe nie – in jou loopbaan, jou finansies, ’n vriendskap of ’n familiesituasie – is die moedige voorneme die besluit om aan te hou om die Volgende Regte Ding te doen.

Jy kan vandag begin, want dit neem nie lank om te sien hoe ’n hele klomp volgende regte besluite – ’n hele klomp vyfminuutgleuwe – dae, weke en jare word nie. Die momentum wat jy so opbou, sal jou uiteindelik vrymaak vir perspektief, groter besluite en langtermynbeplanning.

Sommer gou sal nog ’n dag verby wees. En dan nog ’n paar dae. En dan jare. En dan sal dít waarmee jy nou te kampe het, agter jou wees, en jy sal ’n goeie gewoonte gevestig het. Dit sal jou die gegewe oomblik laat proe, want die gegewe oomblik is eintlik al wat jy regtig het.

Dit voel dalk vir jou asof jy nie krag het om deur die dag te kom nie. Maar jy kan nogtans net een ding doen – die volgende regte ding – selfs al is dit net om die ketel aan te skakel of jou tande te borsel.

Jesus, bly vandag asseblief die hele dag naby my. Hou aan om vir my te wys wat die volgende regte ding is wat ek moet doen. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irma ·

Baie dankie. Dankie my Here, ek het U lief met my hele hart en verstand.

Elsa ·

Hoe is dit dan dat ander gelowiges weet wat “die Volgende Regte Ding” is? Ek weet dan nie. Wat as elke besluit wat mens maak op een of ander manier uitdraai om net nog n verkeerde besluit te wees….

Elize ·

Ek voel soms so. In plaas van die 1 tree vorentoe gee ek 5 terug, ek val net dieper en dieper in die put in.
Wel – ek het ook die openbaring gekry: Die pyl en boog. Trek jy nie die pyl terug om ver vorentoe te gaan nie? Dis dalk jou 5 tree terug, en as jy misskiet, dan probeer jy weer. Weet egter net Jesus is die skut.
Deur water (evangelie, Bybel lees, bid en GLO) sal die put vol en dan kan jy gemaklik uitklim, en dit vat tyd vir die put om vok te raak….. Wees geduldig.
ONTHOU, die duiwel val nie sy eie soldate aan nie, net Jesus sn. Terwyl hy jou aanval, is jy nog aan die REGTE EEN se kant. Dit moet jou gemoedsrus gee, nie bekommerd maak nie!
Hoop dit help

Irma ·

But ye have the annointing of the Holy One, and know all things. 1 John 2:20

Lorabi ·

SARS is besig om my onskuldig te vervolg en geld te eis wat ek nie het nie ek bid maar voel ek bid teen n plafon vas ek het julle gebede nodig asseblief Baie Dankie

Filippense 4:6 ·

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes in gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Jesus Christus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.