Gedagte vir die dag: Volhard in gebed

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: living365withjesus.wordpress.com

Volhard in gebed. (Rom 12:12)

Wanneer ’n mens bid en jy kry geen antwoord op jou gebede nie, is dit heel maklik om moedeloos te raak en op te hou met bid. Maar God wil hê ons moet juis dan aanhou met bid. “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word,” sê Jesus oor gebedsverhoring (Matt. 7:7, 8).

Jesus sê hier ons moet aanhou om vir God in gebed op te soek as ons nie dadelik van Hom ’n antwoord op ons gebede ontvang nie.

God is altyd daar om na jou gebede te luister. Jy mag net nie gou tou opgooi en ophou bid as Hy te lank na jou sin wag om jou gebede te beantwoord nie. Abraham moes jare lank wag op sy erfgenaam, maar hy het aangehou bid en aangehou glo, selfs nadat dit vir hom en sy vrou fi siek onmoontlik was om nog ’n kind te kon hê. Omdat Abraham in geloof en gebed volhard het, het God vir hom die beloofde erfgenaam voorsien.

God wil ook in jou gebedsversoeke voorsien, mits jy gewillig is om aan te hou met vra. Hy sal jou gebede op sy regte tyd antwoord. Onthou net: soms is God se antwoord anders as die antwoord wat jy graag wou hê. Maar ook dan mag jy seker weet dat God jou so liefhet dat Hy vir jou net die beste sal gee.

Here Jesus, vergewe my dat ek soms moedeloos word en tou op gooi wanneer U my gebede nie gou genoeg na my sin beantwoord nie. Help my om in gebed te volhard. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.