Gedagte vir die dag: Volhard

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie. (Openbaring 3:10–11)

Die Here Jesus weet hoe moeilik dit is om te volhard in hierdie wrede wêreld waar daar dikwels teen ons gediskrimineer word omdat ons aan Hom gehoorsaam is. Korrupsie in die werkplek, naywer en wedywering maak dit uiters moeilik vir goeie mense om net op hul werk te konsentreer en nie ook by ’n agteraf gekonkel in te val nie. Die gejaag na vertoon en die beeldpoetsery van minder aangename persoonlikhede met geld en status, verbitter harde werkers wat oor die hoof gesien word wanneer bevordering oorweeg word. Vreemde filosowe met goddelose idees word aangehang en met pryse bekroon. Christene word in baie lande vervolg, verguis en vermoor.

Jesus herinner ons nie net aan sy boodskap nie, maar ook aan sy lyding. Hy is gevange geneem, vals beskuldig, gespoeg, geslaan en gekruisig. Die slegte tye wat sy dood en opstanding vir 2 000 jaar daarna gevolg het, sal nie verbeter nie. Trouens, dit sal net moeiliker raak om in geloof te volhard. God belowe ons dat Hy op pad is en ons sal dra in die laaste dae. Wanneer die hele wêreld, selfs die rykes en vernames, deur ellende en dood getref word, sal Hy sy kinders kom haal en hulle wegneem hemel toe.

Hou vas wat jy het, jou geloof sal nie beskaam word nie. Maar as jy nou toegee, kan jy dalk deel word van die statistieke wat agterbly.

Here Jesus, ek wil vashou aan u beloftes en aan u beginsels, ek wil volhard. Gryp my betyds as ek ongehoorsaam of ontrou optree en hou my styf in u arms vas.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ElgeraineR ·

Die dinge wat in die wereld gebeur maak mens bang..mag Jesus ons net naby hou!

E ·

Dankie aan die persoon wat vandag hierdie boodskap geplaas het. Ek was tot nou toe moeddeloos en wou tou opgooi, maar die Here werk deur mense om ander op te tel.
Ek wens so baie keer dat Jesus ons kom haal, weg van al die seer, maar ek weet ook dat ek ń doel op aarde het al is dit hoe klein.
Dankie Heer dat ons verseker weet dat daar vir ons ń beloning wag.

ElgeraineR ·

E dis presies hoe ek ook gevoel het. Vanoggend se stiltetyd het n pragtige boodskap – volhard, moenie moed opgegee, al is dit soms hoe moeilik. Dankie Here dat U altyd dieselfde is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.