Gedagte vir die dag: Volharding onder druk

brug_see_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.  (Filippense 1:29)      

Ek wil vir jou iets vertel. Sedert ek ’n gelowige geword het, het ek meer beproewinge  beleef  as  ooit  tevore.  Die  goeie  nuus  is  dat  Hy  my  die  genade, krag en moed gee om deur te druk.

Wat beteken vandag se Skrifgedeelte? Glo my, dis baie moeilik vir ’n ongelowige, iemand van hierdie wêreld, om te identifiseer met ’n Christen wat nog nooit  probleme  ondervind  het  nie.  Niemand  kan  identifiseer  met  iemand  met wie dit altyd net goed gaan nie: volop geld, blakend gesond, positiwiteit, idilliese huwelik  en kinders wat die Here dien. Niemand kan daarmee identifiseer nie  – dis soos om met “Superman” te identifiseer!

Ek weerspreek nie die Woord van God nie. Jy ken my nou al  – ek is ’n man van geloof; ek glo in geloof. Geloof het ons op hierdie plaas gehou. Ek glo en sien  myself  as  ’n  seun  van Abraham.  “Abraham  het  God geglo,  en  dit  is  hom tot geregtigheid gereken, en hy is ’n vriend van God genoem”  (Jakobus 2:23). Dit  het  Abraham  nie  gevrywaar  van  swaarkry  nie.  Hy  moes  sy  grond  verlaat en na ’n onbekende bestemming reis. Farao het hom byna doodgemaak en in sy swakheid het hy sy vrou as sy suster voorgestel om sy lewe te red. Later het God vir hom gesê om sy enigste seun, Isak, te offer.

Neem byvoorbeeld die apostel Paulus, ook bekend as Saulus van Tarsus, wat erken word as die skrywer van byna twee derdes van die Nuwe Testament  – moet my nie vertel dat hy nie gely het nie. Ek weet van geen ander man, behalwe Jesus, wat meer as Paulus gely het nie. Ten spyte van sy lyding kon Paulus sê: “Christus sal soos altyd so ook nou, groot gemaak word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is. Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”  (Filippense  1:20-21).

My Vader, vanaf die begin van tye wandel U saam met u kinders. U het nog nooit dié wat hulle geloof in U plaas, teleurgestel of verlaat nie. Vader, help my vandag om my oë op U gerig te hou, ongeag wat met my gebeur.  Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat elke belofte in U woord ook vir my geld…..U sal by my wees ongeag van my omstandighede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.