Gedagte vir die dag: Volslae mislukking

man_alleen_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie. (2 Korintiërs 13:5)

Dit is heeltemal moontlik om groot mislukkings in ’n mens se geloofslewe te vermy – op voorwaarde dat jy heeltemal eerlik is met jouself. Ongelukkig is dit heeltemal te maklik om as Christen met kerkdinge besig te bly sonder om te gaan stilstaan en bestek opname te maak.

Het jy al tyd gemaak om jou af te vra presies wat jy glo, en waarom? Kan jy jou lewe dalk onder die loep neem en raaksien op watter plekke jy die vet en vuilkolle maar net gaan toestop het met dinge wat van buite af “reg” en “in” lyk? Jy kan hierdie sielsondersoek dalk begin met ’n gebed wat dalk so klink: “Here, daar is dae waarop ek wonder of die hele Jesusding ooit waar is. Sê nou maar ek het my hele lewe op ’n stuk wensdenkery gebou?” God is magtig genoeg om al ons twyfel te kan hanteer. Wees eerder eerlik met Hom. (Hy weet in elk geval wat in jou gedagtes aangaan.) As jy jou kant bring deur volkome eerlik te wees, sal jy die toets met vlieënde vaandels slaag.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.