Dit is wat die Here die Almagtige sê: “Wees sterk! Julle het gehoor wat die profete destyds oor die bou van die tempel van die Here die Almagtige gesê het, die dag dat die fondamente gelê is.” (Sagaria 8:9)
Sagaria het voor ’n ongelowige gehoor gestaan. Hy het regtig verwag dat hierdie arme hooplose spul weer God se tempel moet herbou. Hoekom het hy weer probeer? Want God het gesê hulle moet. Sal jy jou gesindheid en jou weë verander bloot omdat God sê jy moet?
Here van die here, help my om op u Woord te vertrou. Help my om bloot “Omdat Ek so sê” as genoegsame rede te aanvaar om op U te vertrou. Here, U weet dit is vir my baie moeilik. Maar ek sal dit op u manier doen. Amen.
Daarom kan ek ongeveinsd bid: ” Laat U Wil geskied.” Amen.