Gedagte vir die dag: Voorbereiding

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Daarom moet julle ook voorbereid wees, want die Seun van die Mens kom op ‘n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (Matteus 24:44)

Voorbereiding in die daaglikse lewe is belangrik, want dit maak jou suksesvol. Dit geld ook vir ons geestelike en geloofslewe. Ons lewe op aarde berei ons voor vir ons lewe saam met God die Vader. Ons moet elke dag ernstig oefen om reg te leef. Ons moet bewustelik werk aan ons lewe.

Ek hoor gereeld die uitdrukking dat daar nog baie tyd is, want ek is jonk. Ek kan nog lewe soos wat ek wil. Baie mense dink dat hul sterfdag nog ver in die toekoms is, maar hulle kan enige oomblik te sterwe kom. Daarom kan jy nie langer uitstel om in die ware God te glo nie. Jy moet voorbereid wees op dit wat kom. Wanneer die Here kom, moet jy verseker weet dit is Hy wat jou kom haal. Jy moet met ‘n vaste wete en versekering leef dat jy ‘n kind van God is.

Ons lees in Matteus 24:42 dat ons nie weet wanneer die Here kom nie. Juis daarom moet ons voorbereid wees. Hoe doen ons dit? Ons moet Jesus erken as God en Heer, Hy is die Seun van die lewende God. Ons moet glo dat Hy vir ons sondes gesterf het. Ons moet elke dag getrou die Woord van die Here bestudeer. Dan moet ons doen wat die Woord van ons verwag. Ons moet met ‘n verwagting leef dat die Here enige tyd kan kom. Maak nie saak hoe oud of jonk ons is nie. Hierdie verwagting moet aan ons ‘n dringendheid gee om ernstig besig te wees met die Here. Dit is hoe ons voorbereiding doen!

Ons teksvers sê ook ons moet altyd gereed wees. Die woordjie “altyd” beteken enige tyd. Ons voorbereiding sal sorg dat ons gereed is wanneer die Here kom.

Here, ek glo in U en bely dat U die Seun van God is. Ek is voorbereid en gereed vir u koms. men.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Connie ·

Dankie die hel is nie ‘n lekker plek nie en ons lewe op aarde gaan vlietend verby. Waar gaan jy die volgende paar miljoen jaar spandeer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.