Gedagte vir die dag: Vooruit in jou Christenskap

gebed-bybel-vrou-landerye-stiltetyd

Foto: Allen Taylor/Unsplash.com

Sorg dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Petrus 3:18)

Jou gebedslewe moet beheer word deur ’n gewilligheid om na God se wil te bid. Dan sal ’n denkpatroon ontwikkel wat jou sal help om te verstaan wat Paulus bedoel het met sy woorde: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was” (Fil. 2:5).

Om te groei tot Christusgelykvormigheid is ’n absolute noodsaaklikheid.

Vir ’n tyd lank kan jy dalk die skyn van Christenskap handhaaf, maar as jy die oortuiging van ’n positiewe innerlike gees kortkom, geïnspireer en bekragtig deur die Heilige Gees, sal jou geloof in duie stort. Derhalwe mag jy nie geestelik stagneer nie, maar moet jy steeds dag na dag deur God se genade vooruitgaan.

Here, help my om sterk te staan in die geloof. Maak my dapper, sterk en moedig sodat my arbeid tot u seën sal wees. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

4 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Tn Wn Bit ·

Is daar dagstukkies te koop wat handel oor stukkies van n dag , soos vandag , geen elektrisiteit , misdaad , die oorlog edm of moet mens self die Bybel bestudeer ? Die Woord van God . O en Ossie het gehou van seuns

Cauin ·

Ht iemand “dagstukkies” vir n dag soos vandag met oorlog , moord , misdaad , ver….. , so…droogte en so aan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.