Gedagte vir die dag: Vou oop

Foto: pixabay.com

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek (2 Tim. 3:16) 

Daar is ’n app vir alles, maar dit bly steeds opwindend om, wanneer jy reis, vir jou ’n goeie ou papier-kaart te gaan koop sodat jy ’n beter ruimtelike persepsie van ’n gebied kan vorm. Maar, al koop jy vir jou die heel beste kaart van die stad of die land waardeur jy reis en jy los dit opgevou in jou rugsak, sal dit van geen waarde vir jou wees nie. Om ’n kaart te gebruik – om dit nuttig te maak – moet jy dit oopvou, die jy-is-nou-hier-plek vind, die kaart bestudeer, dit interpreteer … en dan in die pad val.

God se Woord is ons heel beste padkaart vir die lewe. Dit bevat voorskrifte, tydlose beginsels, stories en voorbeelde van elke aspek van die lewe vir enige en elke kultuur en enige en elke tyd in die geskiedenis. Maar as ons ons Bybels net so onopgemaak op ons bedkassies, in ons laaie of op ons boekrakke los, bly die krag van God dormant lê. Sy Woord word nutteloos gemaak.

Northrop Frye het geskryf: “Die Bybel behoort van jongs af en so deeglik bestudeer te word dat dit die fondasie vorm van alles wat ons later inneem.” Dit is nooit te laat om jou rigting te vind nie.

Here, dankie dat U my nie sonder rigtingwysers hier gelos het nie. Help my om u waarheid te laat ontvou. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie HERE dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge. Amen!

Johann Nel ·

Dankie Here Jesus dat U my siel gered het uit genade. Dankie vir die Ewige Lewe. Hou my styf vas totdat U kom. Amen

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.