Gedagte vir die dag: Vra die regte vraag

 man_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat net goeddoen en nooit sondig nie. (Prediker 7:20)

Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Ek het dit al gevra. Jy seker al ook.

Tog is dit moontlik dat dit die verkeerde vraag is. Ek, jy, ons almal – niemand van ons is immers goeie mense nie. Ons het ’n aangebore sonde-afwyking. Ons leef suiwer op genade en geleende tyd. Toe Adam geval het, het hy die skepping saam met hom geneem (Gen. 3). Ons kan nie aan hierdie kant van die ewigheid wegkom van die gevolge van daardie katastrofe nie. Die wêreld is stukkend. Afgryslike dinge gebeur. Dis nie regverdig nie, maar dis waar.

Wanneer ons dus vashou aan die vaste hoop dat God dinge sien wat ons nie kan sien nie, en die wêreld regverdig sal oordeel wanneer Hy kom, is die regte vraag om te vra nie “Hoekom?” nie. Die vraag is eerder: “Wat nou?”

Die waarheid is, niemand het lyding al ooit verwerk deurdat dit aan ’n mens verduidelik is nie. Lyding is oor die algemeen irrasioneel. Dit manifesteer in ons lewens as iets wat lukraak en sonder onderskeid en geheimsinnig toeslaan. Maar wonder bo wonder het dit die krag om ons harte te verander.

So, wat nou? Watter vrae gaan jy vra wanneer slegte tyding weer aan jou deur kom klop?

Jesus, swaarkry voel vir my onregverdig, maar help my om die regte vrae te vra. Help my om dapper te wees en toe te laat dat pyn sy geheimsinnige werk doen, terwyl ek U in my lewe grootmaak. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.