Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. (Spreuke 19:20)
Wanneer laas het jy raad gevra? Wanneer laas het jy ’n vriendin se raad gevolg? Die godvresende mense in jou lewe wil graag sien dat jy sukses behaal. Hulle wil goeie dinge vir jou hê. Hulle is ook deel van God se gesin, net soos jy ’n deel daarvan is! Moet dus nie huiwer om hulle raad te vra nie. Moenie die raad wat ’n godvresende vriendin vir jou gee, weerstaan nie.
Ander kan dikwels die situasie beter as jy sien. Hulle staan buite die situasie en kyk na binne. Jy sukkel dalk om iets te sien wat heel voor die hand liggend vir iemand anders is; luister dus na hul woorde. Luister en moenie toelaat dat trots jou keer om wyse besluite in die lewe te neem nie. Besluite wat jou sal ophef en jou vorentoe sal stuur.