Gedagte vir die dag: Vra wat jy nodig het

baba_hand_pappa_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra. (Lukas 11:11-13)    

Baie van ons word groot met ’n absolute weersin in “welvaartsevangelie” – en dis natuurlik ’n goeie ding. Maar ons gooi dalk die baba saam met die badwater uit – want uiteindelik glo ons maklik dat dit arrogant, godslasterlik en selfsugtig is om énigiets van God te vra.

In hierdie Skrifgedeelte wys Jesus vir ons hoe sag en hoe vrygewig ons hemelse Vader se hart is. Hy het ons lief. Hy weet ons kan nie alleen deur die lewe gaan nie en dat ons sommige dae desperaat soek na hulp en genade. Dis waarom Hy vir ons die Heilige Gees gegee het. Ons is heeltemal vry om enige dag van die week, enige tyd van die dag voor sy troon te gaan staan en vir absoluut énigiets te vra (Hebreërs 4:16). Dalk sê Hy ja. Dalk sê Hy nee. Maar Hy sal altyd antwoord – in ooreenstemming met sy perfekte en wyse plan vir jou lewe.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.