Gedagte vir die dag: Vrede

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Soos die môreson sal Hy opgaan om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Lukas 1:78-79)

Die profeet Sagaria voorspel dat die kind wat gebore sou word, soos die môreson sal wees. Hy sal God se genade oor die hele wêreld laat skyn en lig bring aan dié mense wat nog in die donkerte en in die skaduwee van die dood lewe. Hy sal dit vir hulle moontlik maak om op die pad van vrede te stap.

Ware vrede vir almal in Suid-Afrika – en die wêreld – is net moontlik as alle mense Jesus persoonlik ken.

Vrede bly maar ’n veraf droom totdat ons iets groots geleer het: die pyn en bevryding van belydenis en vergifnis. ~ Buks van Tonder

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.