Gedagte vir die dag: Vrede in die stad

stad_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan (Jeremia 29:7)

As die kaart van jou lewe jou na ’n plek geneem het – of jou op ‘n plek gelos het – waar jy eerder nie wil wees nie, bid dat dit goed sal gaan met die stad (of die dooierige dorpie) waar jy is, want wanneer dit goed gaan met daardie plek, sal dit ook ’n goeie invloed op jóú lewe hê. Dit beteken nie jy moet vir altyd daar bly nie. God kan jou situasie verander deur jou iewers anders heen te stuur waar jy gemakliker sal voel of wat vir jou meer opwindend sal wees.

Of dalk sal Hy nie. Dalk sal God die heel meeste verheerlik word deur jou te los net daar waar jy nou is. Bid dat Hy jou oë sal oopmaak vir die skoonheid en die geleenthede wat jy nie raaksien nie. Bid dat Hy ryk, ryp, laaghangende vrugte aan jou takke sal laat groei en jou ’n plek van skadu en rus sal maak vir die mense rondom jou. Jy weet nooit. Dalk sal jy op ’n dag skielik besef dat jy ongelooflik tevrede is met die lewe wat jy reeds het.

Here, seën die strate en die mense rondom my. Maak my ’n kanaal van vrede en produktiwiteit op hierdie plek. Amen

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.