Gedagte vir die dag: Vrede in my gemoed

reenboog-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. (Romeine 15:13)

Hoeveel slapelose ure bring ons nie angstig deur omdat ons ons vrede buite God gaan soek nie! Ons beloning is maag  sere, slaaploosheid en spanning.

Die wonder van God se vrede is dat dit ’n neweproduk is van ’n oorgegewe lewe. Die voorwaarde hiervoor is ’n lewende geloof in die verdienste van ons Verlosser, Jesus Christus. Vrede in my gemoed is die stille maar seker wete dat ek in God se sorg geborge is en dat juis daarom die geleenthede van my lewe groter is as die sorge.

Ewige God, my siel dors na u vrede. Dankie dat U die bron daarvan is. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat ek al my sorge by U voete kan kom uitstort

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.