Jesus se kenmerkende groet aan mense in die Nuwe Testament was: “Vrede vir julle.” Selfs wanneer Jesus in die Ou Testament as die beeld van die onsienlike God aan Gideon verskyn en later aan Johannes in die Nuwe Testament groet Hy hulle met die woorde: “Vrede vir julle.”
Daar was deur al die eeue heen vrede in die persoon en karakter van Jesus. Onthou dat die Here Jesus jou ook met sy vrede kan bedien.
Jesus het tussen sy dissipels gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” (Johannes 20: 19)
Mag die genade en vrede van God ons Vader en van Jesus Christus met julle wees. (Galasiërs 1:3)