Gedagte vir die dag: Vrede

mense-op-strand-sonsondergang.jpgVrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.  Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)

Jesus se koms na die wêreld bring vir ons vrede. Hy is nie verniet die Vredevors, die Koning van vrede nie. Wanneer Hy na die wêreld kom, kom maak Hy vrede tussen ons en God, en maak Hy dit vir ons moontlik om in vrede met mekaar te leef. Wanneer Jesus weggaan, belowe Hy om sy vrede vir sy kinders agter te laat. En hierdie vrede wat Jesus sy kinders belowe, verskil hemelsbreed van wêreldse vrede, wat in die meeste gevalle niks meer as ’n wapenstilstand is nie. Jesus se vrede behels ’n innerlike rustigheid, ’n absolute vertroue wat vrees uit ons lewe weer, en ’n bereidheid om vredemakers te wees en vrede in die lewe van ánder te bevorder.

Sonder God in jou lewe is hierdie tipe vrede onmoontlik. Per slot van sake is dit net God wat vir jou ware vrede kan waarborg. “Christus is ons vrede,” skryf Paulus aan die gemeente in Efese (Ef. 2:14).

Ons het God se vrede broodnodig. Hy is steeds bereid om dit vir ons te gee. Bid dat God se vrede in jóú hart sal tuiskom; dat Hy dit vir jou moontlik sal maak om jou baie vrese vir sy vrede te verruil en dat niks ooit hierdie vrede van jou sal kan wegneem nie.

Here Jesus, ek bid dat U u vrede in my lewe sal gee; dat ek u rustigheid sal ervaar, my vrese sal afsweer en dat U my sal help om ’n vredemaker te wees. Amen

Lees Johannes 14:27-31 31 Oktober

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Baie dankie, ek het hierdie boodskap nodig gehad vir vandag! Dit het my herinner aan wat ek gelees het oor die ryk betekenis van die OT betekenis van die woord “vrede” / shalom. Hier is hoe Strong’s dit opsom:

shâlôm shâlôm
shaw-lome’, shaw-lome’
From H7999; safe, that is, (figuratively) well, happy, friendly; also (abstractly) welfare, that is, health, prosperity, peace: – X do, familiar, X fare, favour, + friend, X greet, (good) health, (X perfect, such as be at) peace (-able, -ably), prosper (-ity, -ous), rest, safe (-ly), salute, welfare, (X all is, be) well, X wholly.

So ek groet vanoggend wie ook al hierdie geplaas het met “shalom” vir die naweek, en weereens dankie.

Henrietta Klaasing ·

Baie dankie, ek het hierdie boodskap nodig gehad vir vandag! Dit het my herinner aan wat ek gelees het oor die ryk betekenis van die OT betekenis van die woord “vrede” / shalom. Hier is hoe Strong’s dit opsom:

shâlôm shâlôm
shaw-lome’, shaw-lome’
From H7999; safe, that is, (figuratively) well, happy, friendly; also (abstractly) welfare, that is, health, prosperity, peace: – X do, familiar, X fare, favour, + friend, X greet, (good) health, (X perfect, such as be at) peace (-able, -ably), prosper (-ity, -ous), rest, safe (-ly), salute, welfare, (X all is, be) well, X wholly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.