Gedagte vir die dag: Vredemakers

 Werkers.jpg

Foto: Reint Dykema

Die vredemakers waarvan Jesus in Matteus 5:9 praat, identifiseer hulle direk met die familie van God – hulle is kinders van God. Kinders van God aard na hulle Vader. Hulle karakter is van so ’n aard dat dit vrede aan mense bedien. Hulle woorde is genadegevul. Jesus sê: “Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader” (Matteus 5:45).

Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het. (Lukas 2:14)

Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: “Julle is mý kinders.” (Matteus 5:9)

Laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. (Kolossense 3:15)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lawrence Stokes ·

Waarvan praat julle? Vrede tussen sy eie mense ja!!! Hy se ook hulle sal vrede verkondig en daar sal geen vrede wees nie. Kyk maar net wat in die land aangaan met al die moorde en geweld!!! Waar is die sogenaamde vrede van die vrede makers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.