Gedagte vir die dag:  Vrees       

pad_woud_bos_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen? (Psalm 118:6)

Christen, laat God se kenmerkende liefde jou motiveer om Hom te vrees. Hy het sy vrees in jou hart geplaas en het dalk nie dié seën aan jou naaste gegee nie, dalk ook nie vir jou man, jou vrou, jou kind of jou ouer nie. O, wat ’n verpligting moet dié gedagte nie op jou hart lê om die Here te vrees nie! Onthou ook dat hierdie vrees vir die Here sy skat is, ’n kosbare juweel wat slegs aan gunstelinge gegee word, en ook aan dié wat innig bemin word. ~ John Bunyan

Vader, U is ons beskermer en ons plaas ons vertroue in U omdat ons verstaan dat ons net ’n heilige vrees vir die Here moet hê, want mense kan niks aan ons doen nie. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.