Gedagte vir die dag: Vrees God alleen

God-antwoord-nog-gebede

Foto: Reint Dykema.

Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie. (Jesaja 8:13)

Elke dag is vol geleenthede waar vrees die oorhand oor jou kan kry. Die wêreld is vol onsekerheid. Ek sien jou omstandighede, en Ek weet dit dreig om jou te oorweldig. EK IS jou skuilplek teen die storm en jou Herder in die vallei van doodskaduwee. EK IS altyd by jou; daar is niks om voor bang te wees nie. Maak staat op My, vertrou op My en vestig jou hoop op My alleen.

Moenie dat jou gevoelens jou mislei nie. Moenie die duiwel se leiding volg en moet ook nie staatmaak op jou eie krag om jou deur te dra nie. Dit is deur Christus dat jy alles kan doen, nie deur jouself nie. Moenie die vyand se leuens glo dat daar geen uitweg of deurpad is en dat niks jou kan red nie. As Ek by jou is, wie of wat sal dit dan waag om teen jou te wees? Vertrou in my waarheid wat jou altyd na die oorwinning sal lei.

Wanneer jy deur diep waters gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere van probleme moet swem, sal dit jou nie meesleur nie. En wanneer jy deur vuur moet loop, sal dit jou nie brand nie. EK IS in beheer van alle dinge. Net Ek kan jou red. Deur die beproewings van die lewe sal Ek jou beskerm … sal Ek jou veilig hou. Glo in My. Dit is jou geloof wat áltyd jou vrees sal verslaan. Vrees My alleen en niks anders nie.

Bron:
God fluister jou naam deur Cherie Hill
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

God se beloftes staan vas.
Glo en aanvaar al die duisende beloftes in Sy Woord.
So ook die gebeure rondom paasfees.
Die grootste belofte ……JESUS se offer aan die kruis en Sy oorwinning oor die dood!
Joh 1;12
Geseende paasfees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.