Gedagte vir die dag: Vrees maak dood

gemsbok_and_dunes.jpg

Foto: Marianne Styan

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk,  wees vasberade. Moenie skrik nie,  moenie bang wees nie, want Ek, die Here  jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos 1:9)

Ons het reeds gesien dat ’n klein hoeveelheid vrees ’n mens veilig kan hou. Die probleem is egter dat sommige mense so deur hulle vrees regeer word dat álles later vir hulle ’n bedreiging inhou. Hulle is bang vir alles en almal en hierdie vrees steel later hulle hele lewe. Dit gebeur dan ook heeltemal te dikwels dat ’n mens lees van iemand wat per ongeluk ’n geliefde skiet omdat hulle die persoon vir ’n inbreker aangesien het.

God self sê vir ons ons moenie bang wees nie. Ons moet sterk en dapper staan, want Hy is by ons. Hy weet van ons besorgdheid oor ons gesin en geliefdes. Hy weet ons bly in ’n land waar ons dalk nie altyd heeltemal veilig is nie. Maar Hy sê vir ons Hy is oral waar ons gaan by ons. Ten spyte van al ons vrese bly God in beheer. Hy het ons nie verlaat nie, en Hy sal ook nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Oberholzer ·

Amen! Ons verstaan uit die Woord dat mens mag vra/bid, maar dan moet ons glo en vertrou dat ons gebed verhoor sal word.

Christo Bothma ·

Ek kan my nie indink dat iemand in 2015 nie stiltetyd hou nie.Dit is soos om te probeer om n kar sonder petrol te ry.Dit is waar ek my petrol kry elke dag.Amen ! Aan God al die Eer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.