Gedagte vir die dag: Vars vrugte: Vreugde 

gelukkig_uitgestrekte-arms_sonsopkoms_vreugde_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees Psalm 4:8-9

Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. (Galasiërs 5:22-23)

My vriendin Janet bak die heerlikste sjokoladekoek met grondboontjiebotter versiersuiker. Wanneer ek sê dit is heerlik, moet jy verstaan: Dit is allesoorweldigend heerlik. Die eerste keer toe ek dit geproe het, het Janet vir my ’n snytjie daarvan gebring om my beter te laat voel. Ek het nie besef dat my baie slegte dag een van die heel beste dae sou word ná net een happie nie. Ek het skielik … gelukkig gevoel. (Dit het my so gelukkig laat voel dat ek die resep ingesluit het by die bylae agter in hierdie boek. Hierdie bylae is vol prettige dinge wat julle as ma en dogter saam kan doen.)

Wanneer ek ’n goeie dag beleef, voel dit vir my my hart is vrolik en gelukkig.

Maar wanneer ek ’n slegte dag beleef, voel ek nie vrolik en gelukkig nie. Ek weet God wil hê ons moet die hele tyd bly wees; dit sê egter vir my om vrolik te wees en om vreugde te beleef, is twee verskillende dinge.

Geluk is iets wat enigiemand kan beleef. Dit is ’n tydelike gevoel wat van ons omstandighede afhang. Jy sal waarskynlik gelukkig voel wanneer jy van Janet se koek proe. Maar jy is allesbehalwe gelukkig wanneer jy hoor jou beste vriendin gaan trek.

Vreugde werk nie so nie. Vreugde is nie tydelik nie en dit verander nie saam met jou omstandighede nie. Die vreugde wat die Heilige Gees in jou lewe plant, is vir ewig en sal nooit vergaan nie. Ware vreugde groei in die hart van ’n Christen omdat dit ontstaan uit die wete dat God vir ons lief is en die heel beste vir ons wil hê. In Psalm 4:8-9 sing Dawid: “U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed. Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon.” Dawid het baie slegte dae beleef. Maar selfs toe het hy rustig geslaap omdat hy vreugde beleef het. Vreugde hang nie af van wat rondom jou gebeur nie. Dit is gewortel in God se Gees wat in jou woon.

Hartspraatjies: Ma, dink jy ’n vreugdevolle mens het 24/7 ’n glimlag op sy of haar gesig? Dogter, hoe kan Christene vol vreugde wees selfs al gebeur daar regtig slegte dinge met hulle? Vra God om sy ewige vreugde vir jou meer werklik te maak.

Bron: Die Eenjaar Ma en Dogter dagboek deur Dannah Gresh
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agter die skerms..... ·

Vra God om sy ewige vreugde vir jou meer werklik te maak.
My God ek vra U om U ewige vreugde vir my meer werklik te maak. In U naam Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.