Gedagte vir die dag: Vreugde en oorvloed

 gelukkig_uitgestrekte-arms_sonsopkoms_vreugde_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê. (Johannes 10:10)

Rose was 87 jaar oud toe sy universiteit toe is. Op die eerste dag het die professor haar klas uitgedaag om met iemand om hulle kennis te maak. Rose het ’n student op die skouer getik en gesê: “Hallo, sexy. My naam is Rose en ek is 87 jaar oud. Kan ek vir jou ’n drukkie gee?” Die man het gelag en gevra: “Hoekom is jy op so ’n jong ouderdom op universiteit?” Rose het gelag. “Ek wou nog altyd baie graag ’n universiteitsgraad hê en nou is ek hier.”

Rose het ’n kampus-ikoon geword en vriende gemaak waar sy ook al gegaan het. In ’n toespraak aan haar klasmaats het Rose gesê: “Ons hou nie op speel omdat ons oud is nie, ons is oud omdat ons ophou speel.” Rose het haar graad suksesvol voltooi en is een week ná die gradeplegtigheid rustig in haar slaap oorlede. 2 000 studente het haar begrafnis bygewoon om hulde te bring aan hierdie wonderlike vrou wat bewys het dat dit nooit te laat is om alles te wees wat jy moontlik kan wees nie.

Te veel mense loop met lustelose harte, sonder blydskap, rond en weet dit nie eens nie. God wil hê ons moet ’n oorvloedige lewe leef.

Liewe Heer, ek wil nie een van die wandelende dooies wees nie; iemand met geen visie en geen hoop nie. Ek wil aanbeweeg en ’n lewe van oorvloed leef vir U. Amen.

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adél ·

Dankie – dit is weereens so mooi boodskap vanoggend.Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.