Gedagte vir die dag:  Vreugde van die Here   

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

In u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd. (Psalm 16:11)

Die gewone groep aanbiddende Christene, soos die leraar hulle van die preekstoel af sien, lyk nie soos ’n versameling mense wat baie vreugdevol is nie. Inteendeel, hulle lyk oor die algemeen nogal hartseer, moeg en depressief. Sulke mense sal beslis nooit die wêreld vir Christus wen nie. Dit help nie ons gee voor nie: Ons kan van vreugde praat en daaroor preek, maar tensy ons die vreugde van Christus werklik in ons hart het en dit uitleef, sal ons woorde glad nie vir ons luisteraars oortuigend wees nie. ~ S. Neill

Here, help ons om bewus te wees van hoe ons U uitbeeld en laat ons begin deur na ons innerlike self te kyk. Laat ons dan in die vreugde van die Here uitgaan. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.