Gedagte vir die dag: Vriend of vyand?

mense_stap_strand_skulpe_NathanSteyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Jesus het egter hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Enige koninkryk wat teen homself verdeeld is, gaan ten gronde. En geen dorp of huis wat teen homself verdeeld is, sal bly staan nie.” (Matteus 12:25)

Op die slagveld veg die soldate teen ’n gemeenskaplike vyand. As hulle teen mekaar sou draai, sou die vyand kon wen sonder om een skoot af te vuur. Gaan julle die probleme van die lewe saam aanpak of verdeeld raak in die stryd?

Julle huwelik sal teenstand ervaar – finansiële terugslae, rebelse kinders, inmengerige skoonouers, seksuele versoeking, gesondheidskrisisse of stres en oormatige werksdruk. Julle krag lê in julle eenheid. Elke uitdaging is ’n nuwe geleentheid om mekaar te bemoedig, te help en nader aan mekaar en aan God te kom.

Pak julle “vyand” vandag as ’n gesamentlike front. Bid saam vir God se wysheid en hulp. Vermy enige kritiek, blaam of wrewel teenoor jou maat. Waardeer die insig en vermoëns wat julle elkeen tot die situasie bydra. Maak Jesus julle bondgenoot deur gebed en Bybelstudie. Kry krag uit die wete dat julle saam kan sterk staan en die oorwinning behaal.

Here, wys vir ons hoe om saam te staan – met mekaar en met U. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.