Gedagte vir die dag: Vriende van die Here

vriendinne_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees: Psalm 146

Moenie op magtiges vertrou, of op mense wat nie kan red nie. Sy asem hou op, en hy word weer grond. Skielik kom al sy planne tot ’n einde. Gelukkig is hy wie se hulp die God van Jakob is, wat sy hoop vestig op die Here sy God (Psalm 146:3-5)

As jy ’n Facebook-profiel het, weet jy presies wat die term “unfriend” beteken. Dis wanneer jy iemand uit jou lys vriende haal as hulle jou irriteer of kwaad maak. In 2012 was “unfriend” die gewildste nuwe term van die jaar! Is jy ’n ware vriend van die Here, of is Hy dalk soos sommige Facebook-vriende vir jou net ’n geleentheidsvriend?

In Psalm 146 vind ons ’n lys van die Here se ware vriende. En jy sal dalk verras wees om te sien wie op die lys voorkom:

  1. Mense wat van die Here se hulp afhanklik is (v. 5).
  2. Die verdruktes van die samelewing (v. 7).
  3. Dié wat honger is (v. 7), wie se gees deur armoede geknak is.
  4. Gevangenes (v. 7). God sê dat Hy die gevangenes sal bevry.
  5. Blindes, maar ook ander siek mense (v. 8).
  6. Dié wat swaarkry (v. 8). Wanneer God sien dat iemand nie sy eie kruis kan dra nie, tel Hy die kruis op sy eie skouers.
  7. Die regverdiges (v. 8). God het die regverdiges lief, hulle is tevrede mense en lief vir die Here.
  8. Vreemdelinge (v. 9). God weet mense trap dikwels op hulle.
  9. Die weeskinders en weduwees (v. 9). Ook in die Nuwe Testament sê Jakobus godsdiens is om vir dié groep om te gee.

God “unfriend” net een groep mense: die goddeloses, want hulle leef net vir hulleself en trap op al hierdie ander groepe.

Doen moeite om deel te wees van God se vriendekring. Graveer hierdie groepe op jou hart se tafel. Doen moeite vir hulle en sien hulle raak!

Here, ek wil deel wees van u vriendekring; ’n ware vriend van U wees. Amen.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Petrus Van Zyl. ·

More. Wil graag Bybel dagstukkies elke dag asook nuus ontvang. Het gereeld ontvang en vir laaste week nie. Asb.
Groete

Sune van Heerden ·

Dagsê Petrus

Stuur asseblief vir ons ‘n e-pos aan [email protected], dan kan ons verder ondersoek instel.
Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Mariana Muller ·

Hierdie dagstukkies is so groot deel van my dag.Soms voel n dag net te moeilik,te onmoontlik om dit enduit te loop,maar wanneer ek dan kans kry en ek lees vir Maroela kan ek net voel hoe die gewig van my skouers skuif……Soms kry ek eers kans wanneer die dag al verby is, dan is dit nog net soveel werd,want alles van ons Koning Jesus bly altyd nuut – oggend of aand,deur die dag of in die ure van die nag.Dankie vir elke dagstuk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.