Gedagte vir die dag: Vriende vir altyd 

Foto: pixabay.com

Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. (Prediker 4:9-10)       

Indien ons sou kon teruggaan na die heel begin, sou ons uitkom by ’n punt waar God die Vader, die Seun en die Heilige Gees reeds in verhouding met mekaar staan. Die Drie-eenheid se verhouding was die allereerste verhouding – nog voordat daar enigiets anders op aarde was. Eers daarna het alles gevolg wat vandag deel uitmaak van ons elkedagse lewe. Verhoudings (eerstens met God, daarna met ander) is die grondslag van – en die rede vir – ons bestaan, en uiteindelik die enigste iets van blywende waarde.

Sosiale media plaas ons in ’n unieke geskiedkundige posisie, want nog nooit vantevore het ’n mens toegang gehad tot soveel ander mense nie. Maar net omdat jy 1 000 vriende op Facebook het, beteken dit nie noodwendig jy is suksesvol, of ’n goeie vriend of nooit soms eensaam nie. Dit beteken eenvoudig jy het 1 000 Facebook-vriende. Kom ons maak dit ’n topprioriteit om sterk vriendskappe en verhoudings te bou – in die “regte” lewe!

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie vir elkeen wat U oor my pad gebring het wat vir my soveel beteken

Chantel ·

Mense kom en mense gaan, maar hulle voetspore is daar vir ‘n rede, hetsy goed of sleg. Dit is hoe ons as mense onself ook leerken. As jy nie “slegte” vriende het nie, hoe sal jy weet. Almal word met rede daar geplaas. Ek is bitter dankbaar vir die handjie vol vriendinne wie ek reeds van skooldae af het en die wat ek as jong volwasse vrou gemaak het en wie steeds daar is.
My vriendinne maak my lewe vol en ek is dankbaar vir hulle. Elkeen van hulle vervul ‘n ander plekkie in my lewe.

Linda ·

My verhouding met God moet die belangrikste wees, laat ek (ons) daaraan werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.