Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees

Olie_lamp_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Galasiërs 5:22–23)

Sal ek weet dat ek vorder op die pad van heiligmaking? Sal ek die ant­woorde op my vrae kry? Sal ek ander wat met my wil redeneer, kan antwoord? Hoe sal ek weet?

Jesus sal deur sy Heilige Gees vir jou die pad wys. ‘U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my,’ roep Dawid uit in Psalm 18:29 en in Psalm 119:105: ‘U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.’

Die antwoorde op al ons geloofsvrae vind ons in die Bybel. Vra God om met jou in gesprek te tree voor jy jou Bybel oopmaak. Dit is nie dooie woorde wat daar staan nie. God praat en Hy sê wat nodig is om te sê. Lees jou Bybel soveel keer van voor tot agter deur as wat jy kan en jy sal elke keer iets nuuts ontdek. So sal jy leer om te onderskei tussen reg en verkeerd, so sal jy vrugte dra wat pas by jou geloof.

God is liefde en deur sy Heilige Gees sal jy leer wat ware liefde is. Sodra jy weet hoe om lief te hê soos Jesus ons leer, sal jy waarlik gelukkig wees. Jy sal in vrede met almal wil leef, en jy sal vrede ervaar. Jy sal geduldig en vriende­lik wees, goedhartig, getrou en nederig. Jy sal kalm en rustig wees en jou emosies in toom kan hou. Jy sal weet hoe om teen jou vleeslikheid te veg. Jy sal kan liefhê.

Dankie, Here, vir u Gees wat in my woon, vir die Bybel in my eie taal, vir vermanings en riglyne wat ek daar lees en vir die pad wat ek nie alleen hoef te loop nie, maar saam met U.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Gelukkig is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is.
Dankbaar vir die vrede wat net Jesus kan gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.