Gedagte vir die dag: Vrug van die gees

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Die vrug wat die Gees voortbring, is: vreugde, vrede, geduld, liefde, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. (Galasiërs 5:22-23)

Daar is dikwels ’n persepsie dat om met die Heilige Gees vervul te wees, beteken om wonderwerke te kan doen soos om siekes te genees en die weer te verander. Dit is wel moontlik, maar vervulling deur die Heilige Gees lê veel dieper. Die ware gelowige wat deur die Gees beheers word, toon nege uitsonderlike kenmerke soos in die teksvers genoem. Teenoor die praktyke van die sondige natuur noem Paulus hierdie nege aspekte wat hy die vrug van die Gees noem. Wonderwerke is nie een van hulle nie, maar Paulus het geweet die grootste wonderwerk is wanneer mense innerlik verander word en anders as die sondige natuur optree.

Hemelse Vader, verander my só deur u Heilige Gees dat ek sal groei en al hoe meer die vrug van die Gees sal dra. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U die Heilige Gees gestuur om by ons te bly…Amen

OW ·

Die Vrug van die Gees en die gawes van die Gees word dikwels verwar.In kort is die Vrug van die Gees die karaktertrekke van Jesus Christus waarvan Paulus 9 noem.Die Gawes van die Gees word uitgedeel soos God dit bepaal.Paulus noem ook 9 waarvan die gawe van genesing een is.Die wat die gawe van genesing ontvang het is dun gesaai.Vrug van die Gees:Gal:5:22.Gawes van die Gees1 Kor 12.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.