Gedagte vir die dag: Vrugte vir almal

Lemoen_boom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. (Filippense 4:17)

Wanneer jy ’n mandjie vrugte uit jou eie tuin met goeie bedoelings vir jou bure neem, is dit meer as welkom en verstewig dit vriendskapsbande. Die gebruik om oor en weer karmenaadjies te deel het vandag grotendeels in onbruik geraak. Hoë mure en ysterhekke skei bure effektief van mekaar en maak dat elkeen op sy eie eilandjie sit en vereensaam. Die ryk­dom van vriendskap en liefde onder bure word onderskat wanneer dit goed gaan. Maar wanneer dit sleg gaan en siekte en dood jou bure tref, kan jy nie anders as om uit te reik nie.

Dis aaklig wanneer misdadigers in jul buurt toeslaan en rowers ’n skrikbe­wind voer. Die enigste positiewe gevolge van sulke terreurdade is dat dit mense wat jarelank in dieselfde straat bly, nader na mekaar toe trek – veral as iemand die inisiatief neem en ’n buurtwag begin.

Elke vrygewige daad het goeie gevolge – nie net vir die ontvanger nie, maar ook vir die gewer. Dis wat Paulus bedoel as hy die gemeente van Filippi bedank vir hul ruim bydrae om hom geldelik te help onderhou. Dit stel hom in staat om aan te hou om gemeentes per brief uit die gevangenis te bemoedig.

Met hul onselfsugtige bydrae het die mense van Filippi ook deel aan sy werk. Dit word hulle ten goede gereken en bou vir hulle ’n geestelike skat op wat nie van hulle af weggeneem kan word nie. God seën hulle deur ruim in hul behoeftes te voorsien en hul liefde vir Jesus met liefde onder mekaar te verryk.

Here Jesus, dankie dat ons die liefde wat ons uitdeel, in oorvloed terug ontvang.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vertrou ·

Baie dankie vir boodskap. Dit is beter om jou geestelike skat wat nie by jou afgeneem kan word nie by God te bele. Hy voorsien gedurig al gaan sit ons soms op moedverlore se vlakte ons moet net GLO en VERTROU

lettie ·

Billy Graham’s daughter was interviewed on the Early Show and Jane Clayson asked her “How could God let something like this happen?” (regarding the attacks on Sept. 11). Anne Graham gave an extremely profound and insightful response. She said “I believe God is deeply saddened by this, just as we are, but for years we’ve been telling God to get out of our schools, to get out of our government and to get out of our lives.. How can we expect God to give us His blessing and His protection if we demand He leave us alone?” In light of recent events…terrorists attack, school shootings, etc. Madeleine Murray O’Hare (she was murdered, her body found recently) complained she didn’t want prayer in our schools, and we said OK. Then someone said you better not read the Bible in school …. the Bible says thou shalt not kill, thou shalt not steal.Then Dr. Benjamin Spock said we shouldn’t spank our children when they misbehave because their little personalities would be warped and we might damage their self-esteem (Dr. Spock’s son committed suicide). Now we’re asking ourselves why our children have no conscience, why they don’t know right from wrong, and why it doesn’t bother them to kill strangers, their classmates, and themselves. “WE REAP WHAT WE SOW.” Funny how simple it is for people to trash God and then wonder why the world’s going to hell

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.